|
Ollie trek na ‘n baie besige musikale- en storievertelkuns geskiedenis, met Johannesburg as basis, aan die begin van 2007 Kaap toe vir rustiger wees en stilte... Hierdie jaar begin egter met ‘n knal! Met CD-opnames, bekendstellingstoere, nuwe produksies en talle solo vertonings landwyd, doen Ollie gemiddeld 18 vertonings per maand en met reisdae tussenin, is hy skaars by sy nuwe huis in Sandbaai. 2007 se top-rat-tempo het alles te make met Ollie se energie.
Van die effe jonger lede in die geselskap kla soms van afgeremde tamheid.... dan draf Ollie steeds pasaangewend voor.
Die wonderlike huwelik tussen die generasies en Rock, Blues en Jazz met Boeremusiek, is ‘n wenresep!
“Watter generasiegaping?” "Dis alles baie lekker!” is Ollie se antwoord op al die gewone vrae. Tweeduisend en agt gaan kook! En dan tree jy seker af Ollie? “Nee! Ek tree net op.” sê hy met ‘n blitsige pittige andwoord. |